Meer oor Koos

Jy gaan hou van KOOS. KOOS is nie soos ander tydskrifte nie. Koos is baie soos jy. Hy is moeg vir negatiewe headlines en bladsye vol advertensies. Koos is moeg vir celebrities wat huweliksadvies en ouerskapwenke en grimering-tips uitdeel asof dit Smarties is. KOOS is net homself – bietjie oorgewig en nie altyd so bright nie, maar sonder issues.
 
KOOS is ‘n nuwe tydskrif vir die nuwe generasie Suid-Afrikaanse lesers wat nie in een van die huidige rerklameboksies val nie. Tussen sy 100 bladsye sal jy 55x bladsye moderne (positiewe) kortverhale vind deur Suid-Afrikaners nes jy + 35x bladsye (positiewe) artikels oor Suid-Afrikaners nes jy. Want eintlik het ons almal in hierdie land – ongeag ons upbringing, ons loopbane, ons geloof- of politieke uitkyke, ons taal of velkleur – hierdie één ding in gemeen: Ons wil net graag ‘n tydskrif kan koop en friggen lekker kan lees daaraan!
 
Tussen die bladsye van KOOS sal jy ‘n vriend vind – dalk selfs meer as een. Mense soos jy met stories waarmee jy kan identifiseer. Tussen die bladsye van KOOS mag jy net dalkies vind dat jy baie meer KOOS-geit in jou het as wat jy gedink het!
 
Die eerste uitgawe van KOOS verskyn 1 Junie 2018!
 
*** LIMITED EDITION *** As jy gou spring kan jy vir jou en ‘n vriend/ouma/dogter/pel/baas elk een van die eerste 100x getekende collector’s items van die eerste KOOS opraap!!
 
R250 sluit in:
* 2x getekende kopie van die eerste uitgawe van KOOS vir jou én jou vriend/ouma/dogter/pel/baas
* 2x gratis posgeld na 2x adresse (as jy en jou vriend/ouma/dogter/pel/baas nie in die dieselfde huis woon nie)
* 2x limited edition CD’s met ‘n eksklusiewe onderhoud met Anna Emm – skepper van KOOS – ingesluit by die tydskrifte
* PLUS jy en jou vriend/ouma/dogter/pel/baas ontvang julle tydskrifte heel eerste!!
 
SLEGS 100x VAN HIERDIE COLLECTOR’S ITEMS BESKIKBAAR! Bestel joune a.s.a.p by lorraine@annaemm.co.za om teleurstelling te voorkom.