Wie is Koos?

TYDSKRIF VIR NUWE GENERASIE SUID-AFRIKANERS

Daar is ʼn hele generasie Suid-Afrikaanse lesers wat lankal nie meer in enige van die huidige boksies pas (of al ooit gepas het) nie. KOOS is ʼn laid back, lekkerlees tydskrif wat jy kan saamvat bad toe, bed toe, strand toe en haarkapper toe. Jy kan dit leen vir jou man, jou meisie, jou tiener en jou beterhelfte (jou assistent, huishulp, P.A. of life coach). KOOS het nie regtig enige voorkeure nie.

KOOS is die brain child van skrywer, vervaardiger, entrepreneur en local superwoman, Anna Emm, en word uitgegee deur Anna Emm Uitgewers – sien www.AnnaEmm.co.za. KOOS is dus independent, nes jy. KOOS hou nie juis van sisteme en reëls nie. KOOS fight nie die een of ander cause nie, probeer jou ook nie voorskryf oor jou higiëne of jou stout kinders of jou senutergende budget nie. KOOS is eintlik … wel, net sy eie mens sonder issues.

Wat KOOS anders maak as ander tydskrifte is dat dit nie gedra word deur advertensies nie, en daarom kan KOOS fokus op ander dinge. Amper 55% van die inhoud bestaan uit kortverhale – moderne, local, vars verhale deur die nuwe generasie streetstyle Afrikaners. Ja, Ma, hulle meng hulle taal ‘n bietjie, maar gelukkig word niemand op KOOS se redaksie toegelaat om rooi strepe deur dinge so belangrik soos woorde te trek nie. Behalwe vir die kortverhale, bestaan 35% van KOOS se inhoud uit interessante artikels oor ander dinge as jou voorkoms en jou kleredrag, en waar en wanneer en wat jy behoort te eet of nie te eet nie (KOOS voel daar is belangriker dinge in die lewe as banting en botox). Die orige 10% van KOOS se inhoud word spandeer aan advertensies van interessante plekke, produkte en dienste, met soms selfs ʼn spesiale aanbieding net vir KOOS lesers.

O ja, en KOOS hemel nie local celebrities op nie, jammer.

KONTAKBESONDERHEDE

Kontak die kantoor:

Tel: 021 930 0908
Epos: mail@koosmag.co.za

Besoek ons winkel:

Anna Emm Boekwinkel
Winkel 510 Tygervallei-sentrum
Willie Van Schoor Ave, Bellville

Kuier saam op sosiale media:

facebook logo  Facebook

instagram  Instagram